)

EHS-hokkie behaal oorwinnings

Anzelle Vosloo hardloop na die bal. Monique Ferreira ondersteun haar

Op Donderdag, 13 Mei, het twee van die Erries se dogtershokkiespanne wedstryde gespeel op HoĆ«rskool Ermelo se astro.  Die spanne het die vriendskaplike wedstryde gebruik as voorbereiding vir die liga wat binnekort begin.

Die o/15A-span het te staan gekom teen Morgenzon Landbou Akademie se eerste hokkiespan. Die eindtelling was 11 – 1 in die Erries se guns.  Baie geluk aan Mia Davel wat ses doele aangeteken, Melissa Olivier wat vier doele geslaan het en SulicĆ© Geldenhuys met twee doele.  Hierdie span het baie ontwikkel en dit blyk baie duidelik uit hul samespel.

Die HoĆ«rskool Ermelo Calstar Eerstespan dogtershokkie het teen HoĆ«rskool Volksrust gespeel. Die eindtelling was 3 – 0 vir die Erries.  Baie geluk aan Carla Ferreira, Surika Struwig en Lana Herholdt wat elkeen een doel aangeteken het.  Hierdie span het pragtig saamgespeel en het daarin geslaag om goeie sportmangees te wys.

Baie geluk aan die spanne met die oorwinnings. EHS is trots op julle!

Deidre van der Meyden
Kayla van der Meyden
Voor: Lana Herholdt en Danel Olivier (agter)

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal