Anzelle Vosloo hardloop na die bal. Monique Ferreira ondersteun haar
Op Donderdag, 13 Mei, het twee van die Erries se dogtershokkiespanne wedstryde gespeel op Hoërskool Ermelo se astro. Die spanne het die vriendskaplike wedstryde gebruik as voorbereiding vir die liga wat binnekort begin.
Die o/15A-span het te staan gekom teen Morgenzon Landbou Akademie se eerste hokkiespan. Die eindtelling was 11 – 1 in die Erries se guns. Baie geluk aan Mia Davel wat ses doele aangeteken, Melissa Olivier wat vier doele geslaan het en Sulicé Geldenhuys met twee doele. Hierdie span het baie ontwikkel en dit blyk baie duidelik uit hul samespel.
Die Hoërskool Ermelo Calstar Eerstespan dogtershokkie het teen Hoërskool Volksrust gespeel. Die eindtelling was 3 – 0 vir die Erries. Baie geluk aan Carla Ferreira, Surika Struwig en Lana Herholdt wat elkeen een doel aangeteken het. Hierdie span het pragtig saamgespeel en het daarin geslaag om goeie sportmangees te wys.
Baie geluk aan die spanne met die oorwinnings. EHS is trots op julle!
Foto’s verskaf