EHS Gholftoer. Gedurende die afgelope vakansie het Hoërskool Ermelo se gholfspelers ‘n gholftoer onderneem na die Wildekus.
Die Errie-gholfers het Dinsdag, 28 Junie, na hul bestemming vertrek. Die EHS GHolftoer span se tuiste was die pragtige Graceland Beach Lodge in Ramsgate. In die oggende het die spelers ‘n ronde gholf gespeel gevolg deur pret op die strand in die middag. In die aande was daar ‘n geleentheid om die plaaslike vermaaklikhede, soos Ten-Pin Bowling, rolprent-teater en winkelsentrums te ondersteun.
Alhoewel daar baie tyd was vir ontspanning, was die hoofdoel egter die gholf en die spelers kon waardevolle ervaring opdoen op nuwe bane. Die bane wat die Erries aangedurf het, was die San Lameer Buiteklub, Port Shepstone Buiteklub en Southbroom Gholfbaan.
Hoërskool Ermelo is dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir die talente wat Hy aan ons gegee het en dat die Erries die geleenthede het om dié talente te ontgin en te kan geniet.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf