EHS Dogtershokkie. Op Saterdag 10 Junie het Hoërskool Ermelo se dogtershokkie te staan gekom teen Hoërskool Ben Viljoen in vriendskaplike wedstryde.
Die dogters het die wedstryde geniet en gemengde welsale behaal:
Erries se o.14A-span verloor met twee doele teenoor vyf, en die o.15A-span wen 2 – 1. Die o.16A-span wen met ’n uitstekende ses doele teenoor nul en die tweedespan verloor met 2 – 4.
Hoërskool Ermelo se KS Clothing Eerstespan dogtershokkie speel ’n intense wedstryd waar die telling nul elk bly tot in die laaste minuut. EHS skiet die wendoel en wen die stryd met 1 – 0.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf