Op Saterdag, 8 Junie, het Hoërskool Ermelo se tweede hokkiespan deelgeneem aan die kwarteindronde van Mpumalanga vir groot skole.
Die eerste wedstryd was teen Hoërskool Volksrust, die gasheerskool. EHS skop die dag op ‘n hoë noot af met ‘n oorwinning. Die Erries teken ses doele teenoor nul aan. Yané Broekman en Elizia van Heerden skiet elkeen twee doele en Jani Hattingh en Theané Arnoldi teken elk een doel aan.
In die tweede wedstryd kom die Erries te staan teen Hoërskool Nelspruit, maar wen ook hierdie kragmeting met ‘n eindtelling van 2-0. Elizia van Heerden en Jani Hattingh is die puntemakers in dié wedstryd.
EHS dring vervolgens deur na die Mpumalanga semi-finale wat op 13 Julie te Ligbron Akademie vir Tegnologie plaasvind waar EHS en Hoërskool Middelburg mekaar die stryd gaan aansê.
Baie geluk aan elke dogter.
Die Erries hou die tweedespan se uitspele met groot belangstelling dop!