)

EHS B-rugbyspanne sê Morgenzon die stryd aan

Op Dinsdag 12 Maart, het Hoërskool Ermelo se B-spanne Morgenzon Landbou Akademie die stryd aangesê op die rugbyveld vir oefenwedstryde.

EHS se o/15B’s het te staan gekom teen Morgenzon Landbou Akademie se o/15A-span en speel gelykop met 17 punte elk. Carlo da Silva, Kobus van Heerden en Bongani Magagula druk elk een drie vir die span en Marco de Kock skop een doelskop oor.

Die o16B-span van die Erries moes die knie buig voor die o/17A-span van Morgenzon en verloor die stryd met 0-72.
Hoërskool Ermelo se tweedespan het uitstekende rugby gespeel teen die eerstespan van Morgenzon en stap as oorwinnaars van die veld met ‘n eindtelling van 21-19. Rabbie Marsh. Cabang Mbokane en Jacques Potgieter druk elkeen ‘n drie vir die Erries en Robbie Brown verdoel al drie drieë.

Dit was uitstekende blootstelling en oefening vir die B-spanne. Baie geluk aan hierdie spanne.

Foto bo: Rabbie Marsh hardloop met die bal; agter hom is Luyanda Mabuza met Chad Coetzee heel links.

 

Rabbie Marsh hardloop met die bal oppad om ‘n drie te druk
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal