Hoërskool Jan van Riebeeck is beslis die beste skool vir ‘n leerder wat graag gebalanseerd wil wees en ‘n besonderse hoërskool-ervaring wil hê!
Jan van Riebeeck se ligging onderskei ons reeds van die meeste skole. Ons Jannies is elke dag bevoorreg om aan die voet van Tafelberg te wees en om van die mooiste velde te hê! Ons skool is in die lewendige Kloofstraat en daar is meer as genoeg koffiewinkels om jou deur jou hoërskool-loopbaan te help.
Almal soek na balans en dit is wat Hoërskool Jan van Riebeeck aan alle leerders bied. Ons bied verskeie aktiwiteite aan en ons presteer op sport, kultuur en die belangrikste natuurlik, op akademiese vlak.
By JvR kan elke leerder uitstaan as hulle die geleenthede aangryp wat JvR aanbied!
In ons skool se gange is daar ‘n oorheersende gevoel van omgee en opwinding. Ons leef volgens die matriekraad se leuse : L.E.G.O : Liefde, Entoesiasme, Goedhartigheid en Omgee.
By JvR is almal welkom! Ons is divers en almal word bemagtig om tot die beste weergawe van hulself te ontwikkel. Ons leef beslis ons leuse: ‘ Wees Uself’ elke dag uit.
Hoërskool Jan van Riebeeck het ‘n kardinale rol gespeel in my lewe en vir my is dit ‘n besonderse voorreg om eendag myself ‘n voormalige Jan van Riebeecker te kan noem.