Oranje gaan groen! Primêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein is julle reg vir een van julle verrassings?
‘n Spesiale boodskap aan Oranje van Duane Vermeulen al die pad uit die Kaap!
#gobiggobokke#SpringbokSaturday#DuaneVermeulen
Meer oor Oranje Primêr:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/
Die C&N Primêre Meisieskool Oranje is ’n puik akademiese instelling met ’n trotse tradisie. Ons is soos ’n groot familie waar elke dogter baie spesiaal is.
Dit is Oranje se strewe om geleenthede vir die dogters te skep en te belê in ’n leerruimte waarin hulle veilig kan voel en met vertoue kan ontwikkel tot hul volle potensiaal.
Soos in pres. MT Steyn, stigter van die skool, se woorde: “Gee ons die dogters godsdiens, eerbied en geloof in die goeie, die edele en die heilige en sy staan so vas soos ’n rots. Sy sal, as die geleentheid hom voordoen, ’n heldin word.”
Die Voortrekkerdogter, op die eiland by die skool se ingang, wat vorentoe en vooruit beur is metafories aangesien Oranje se leuse “vooruit” is.
Oranje-leerders, wat as eende bekend staan, is inderdaad voordurend aan die vorentoe beur, want ’n eend kan immers nie agteruit loop nie.