DTMA Vrystaat Dansproewe. Drie van Hoërskool Aliwal Noord se dansers, Zahnika Vorster, Enray Maritz en Keith Isted het deelgeeneem aan die DTMA Vrystaat Dansproewe.
- Zahnika Vorster het uitstekend gedans en 82% gemiddeld behaal.
- Enray Maritz het uitstekend gedans en ‘n gemiddeld van 91% behaal. Hy het ‘n trofee ontvang en is eerste geplaas in sy ouderdoms groep (14-16) vir Hip Hop.
- Keith Isted het ‘n gemiddeld van 93% behaal. Hy het ook ‘n trofee ontvang en is eerste geplaas in sy ouderdoms groep (17-19) vir Hip Hop. Hy ontvang ‘n tweede trofee vir die “Beste algehele Senior Hip Hop Danser”. Afgesien van al sy prestasies het hy ook ‘n spesiale prys ontvang vir die “Most entertaining” danser van die rondte.
Hierdie drie Alies het ook deurgedring na die provinsiale rondte wat sal plaasvind in Mei.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








