)

Drie Oud-Kwaggas verteenwoordig SA by 2020 Olimpiese Spele in Tokio

Op die foto VLNR, pryk Jo-Ané van Dyk (matriek 2015), Elroy Gelant (matriek 2004) en Bianca Buitendag (matriek 2011)

Hoërskool Outeniqua in George is baie trots op die drie oud-Kwaggas, Bianca Buitendach, Jo-Ané van Dyk en Elroy Gelant wat Suid-Afrika verteenwoordig by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio. Dit is ‘n astronomiese prestasie! Die Kwaggas by Hoërskool Outeniqua bars uit hul nate van trots.

Bianka Buitendach: Baie geluk aan Bianca met die silwer medalje in Branderplankry wat sy met groot trots huis toe bring. Sy is in George in die Suid-Kaap gebore. Met haar pa se aanmoediging het sy op ouderdom 8 saam met haar 2 broers begin branderplank ry. Sy is ‘n professionele branderplankryer. Baie geluk aan Bianca met die silwer medalje in Branderplankry wat sy met groot trots huis toe bring.

Jo-Ané van Dyk is a South African track and field athlete who competes in the javelin throw. Sy is van Heidelberg in die Suid-Kaap. Jo-Ané was vanaf ‘n vroeë ouderdom ‘n uithaler atleet. Sy spog met ‘n persoonlike beste afstand van 61.19 meter, wat sy onlangs in die Tseggiese Republiek verwerf het. Dit is net ongeveer 11 meter buite beide die Olimpiese en wêreldrekords. Baie sterkte aan Jo-Ané met die spiesgooi.

Elroy Gelant wat vir die 2de keer deel is van die Olimpiese Span vir sy deelname aan die marathon. Elroy is by uitstek ‘n langafstand atleet. Hy is baie tevrede met sy voorbereiding vir die Spele nadat hy herstel het van ‘n rugbesering.

Hoërskool Outeniqua se personeel, leerders, beheerliggaam en trustees van die Kwagga Trust, wens jul as oud-leerders en trotse ambassadeurs van die skool en George baie geluk.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal