)

Drie Ligbron rugbyspanne deur na die Virseker Beker Finaal

Drie-Ligbron-rugbyspanne-Sias-Jacobs

Dit is vir Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, ‘n groot eer en seëning om drie van hul rugbyspanne in die Virseker Beker finale te hê. Die o/14A, Computer Connection, o/16A en die Calstar Group Eerstespan het almal hul onderskeie semifinale wedstryd gewen.

Die Computer Connection o/16A’s het op Donderdag, 8 Augustus, tuis teen ‘n sterk span van Hoërskool Die Anker te staan gekom. In ‘n wipplank-wedstryd wat enige kant toe kon gaan, het die Liggies gewys wie is baas en die wedstryd met ‘n telling van 29-20 beklink.

Die o/14A’s en Calstar Group Eerstespan het op Saterdag, 10 Augustus in Klerksdorp teen Hoërskool Wesvalia uitgedraf.  Ligbron se spanne het weereens gewys waartoe hulle in staat is met oortuigende tellings.  Die o/14A’s het hulle wedstryd met 48-12 beklink, terwyl die eerstespan hulle wedstryd met 65-17 gewen het.

Al-drie hierdie spanne sal eerskomende Saterdag, 17 Augustus, in Alberton by Hoërskool Marais Viljoen in die Virseker Beker finale speel.  Die o/14A’s sal teen Hoërskool Secunda te staan kom, terwyl die o/16A’s en die eerstespan teen Hoërskool Pietersburg sal uitdraf.

Baie sterkte aan elke speller en afrigter.  Hou Ligbron se naam hoog en gee net julle beste op die veld.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal