Dogterskrieket. Hoërskool Witteberg se 1ste dogterskrieket span het vandag teen Hoërskool Paul Erasmus in Senekal meegeding. Witteberg se span het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Paul Erasmus se boulers het dit aan die begin moeilik gemaak vir Witteberg maar Amy Kotze, met 62 lopies van 66 balle en Zané Wessels met 37 lopies van 22 balle, het bygedra tot Witteberg se 179/5 na 20 beurte.
Hoërskool Witteberg se boulers het hulle goed van hulle taak gekwyt. Lize vd Berg het 2 paaltjies vir 18 lopies in 4 beurte behaal. Op haar beurt het Mia Daacke met 1 paaltjie vir 15 lopies in 4 beurte gehelp om Paul Erasmus te beperk op 89/5 na 20 beurte…
Witteberg wen die wedstryd met 90 lopies.
Nou vir die finaal! Gaan groot!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








