)

Dogterskrieket – Hoërskool Witteberg kraai koning op krieketveld

Dogterskrieket. Hoërskool Witteberg se dogterskrieket 1ste span het op Maandag, 31 Januarie, weereens koning gekraai op die krieketveld. Witteberg het te staan gekom teen Hoërskool Paul Erasmus van Senekal se 1ste span. Witteberg het ‘n verwoestende 7-paaltjie oorwinning behaal.

Nadat Witteberg se dogters ingestuur is om eerste veldwerk te doen, het hulle 134 lopies afgestaan in 20 beurte en 9 paaltjies laat kantel.

Evané du Toit, ‘n graad 10 leerder, het vir die tweede agteenvolgende week, as baas van die boulwerk van die veld gestap. Sy neem drie paaltjies in vier beurte waarin sy slegs vyftien lopies afgestaan het. Melding kan ook gemaak word van Ziané Lottering (graad 11). Ziané het ook drie paaltjies geneem het in vier beurte. 

Leozé Lottering en Amy Kotzé (graad 9) sorg na die boulwerk weer vir skouspelagtige kolfwerk.  Hulle staan vas en maak in die openings-vennootskap 96 lopies van 96 balle!

Amy Kotzé behaal 21 lopies voordat  haar penne platgetrek is. Leozé laat ook nie op haar wag nie! Sy behaal 56 lopies van slegs 44 balle voordat sy haar paaltjie verloor het. Hierdie is ook Leozé se tweede agtereenvolgede vyftigtal.

Ivé van der Westhuizen (graad 11) teken veertien lopies aan. Petra Steinmann (graad 11) kom op nommer 5 in en slaan die wenlopie van haar eerste bal.

Ziané Lottering

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za https://www.witteberghs.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal