Die Hoërskool Strand se krieketgeledere betreur die skielike heengaan van sy vorige afrigter, Cobus Roodt.
Onder Cobus se leiding het die Strand sy grootste oorwinning nog oor HHH behaal, en wel met 185 lopies.
As afrigter van die WP se vrouekrieketspan het hy ongeëwenaarde sukses behaal. In sy termyn van ses jaar het sy span 16 titels verower.Voorwaar briljant. Sy spelers het vir hom gespeel.
As gevolg van sy suksesse met die WP-span is hy onlangs as afrigter van die SA Opkomende vrouespan aangewys.
Mnr. Beresford Williams, president van die WP se krieketunie, het dit dalk die beste verwoord toe hy gesê het dat Cobus Roodt se nalatenskap vir altyd sal voortleef.
Hoërskool Strand eer hierdie passeivolle energieke en inspirerende afrigter, wat so baie vir die Strand en Suid-Afrika se krieket beteken het.