Met die eksamens wat eersdaags begin en die Desember-vakansie in die vooruitsig, het Diamantveld Hoërskool se Senior Komitee en die skool, Mev Hugo se verjaarsdag wat op 12 Desember 2016 (in die vakansie) plaasvind, solank vroegtydig gevier.
Boodskap aan Mev Hugo:
“Namens die senior komitee en die hele Diamantveld, wil ons net weereens vandag klem daarop lê, dat ons al die lang ure van harde werk wat Mev op ‘n daaglikse basis by Diamantveld inwerk, opreg waardeer. Daar word met groot bewondering na Mev opgekyk wanneer ons reflekteer op al die sukses wat Diamantveld al behaal het. Ons weet dat dit nooit sou kon realiseer sonder Mev. se bekwame leierskap en toewyding aan die skool nie.
Ons wil vandag net vir Mev. baie gelukwens met die verjaarsdag wat in die vakansie voorlê. Ons wens vir Mev. ‘n geseënde en vreugdevolle nuwe lewensjaar toe.” – Gawie Redelinghuys en Myra Wessels (Voorsitters: Senior Komitee)
Op die foto bo:
Gawie Redelinghuis, Jana Van Der Linde, Anwill Botha, Adel Vermeulen, Chriselle Smit, Helé Ananté Wansbury, Ws Coetzer, Jannie Van Niekerk, Charles Williams, Mianca-lee Vos, Myra Wessels, Timothy Harding, Hes-Mari Coetzee and Drean du Plessis.
Become a Sponsor
5