Tydens 2016 se Burgerskapweek is die Groentetuin geloods as ān vrywillige projek waarby leerders betrokke kon raak. Die doelwit van die projek was om vars groente in te sluit by die kospakkies wat Aksie Omgee voorsien. In 2017 het die Graad 11-Besigheidstudieklas (onder leiding van juf. Wepener) eienaarskap geneem van die projek. As gevolg van die waterskaarste het die graad 11-leerders onderneem om rooi- en gryswater te bring om die beddings nat te maak. Daar is tans spinasie, wortels en beet in ons tuin.
In hierdie foto: Luan Oosthuizen (links) en Damian Oosthuizen (regs)