Daniël du Toit van Hoërskool de Aar het deelgeneem aan die 80 ste SA OPE KAMPIOENSKAP van die Suid-Afrikaanse Bisley Unie wat plaasgevind het vanaf die 2de tot 9de April 2016.
Hy is in dié tydperk gekies as lid van die RSA Junior (onder 19) Proteaspan wat op onderskeidelik Woensdag 6 April en Saterdag 9 April in twee Internasionale wedstyde teen die onder 19 span van Brittanje geskiet het.
Daniël gaan later vanjaar in Engeland skiet as deel van die SA Bisley skietspan.