CVO Gromar Skool van Groblersdal, Mpumalanga, se 1ste Rugbyspan het vandag hul span klere aangetrek na aanleiding van die Winterspele wat nie kon plaasvind agv die grendeltyd nie.
CVO Gromar streef in die proses om:
- ’n Bekostigbare uitnemende onderrigdiens wat gebaseer is op hoë standaarde deur goed gekwalifiseerde ervare lojale onderwysers daar te stel.
- ‘n Ondersteuningsdiens aan leerlinge te lewer en te probeer verseker dat ’n leerling as gebalanseerde volwassene voorberei word.
- Deur deurlopende evaluering standaarde te probeer verhoog wat sal voldoen aan die vereistes soos deur die Sertifiserings- en akkrediteringsliggaam gestel word.
- ‘n Effektiewe bestuur- en administratiewe stelsel daar te stel.
- Soveel geleenthede op verskillende gebiede moontlik aan leerlinge te gee.
- Te alle tye professioneel en met hoë integriteit op te tree.
‘n Trots vir die eie te kweek wat tot ‘n dankbaarheids lewe lei.