Cross border Chess Championships. Die Bojanala-skaakspanne waarvan LeRoux Byliefeldt, JJ Pedersen en Ludik Janse van Rensburg het puik presteer. Die o.16 span wat LeRoux Byliefeldt en JJ Pedersen verteenwoordig het, stap weg as die algehele wenners. Dit was tydens hul kragmetings teen Botswana gedurende die “Cross border regional chess championships” vanaf 14 tot 16 Desember.
LeRoux Byliefeldt en JJ Pedersen het die o. 16 Bojanalaspan verteenwoordig én wen ook hierdie afdeling. LeRoux wen 3.5 uit 5 en JJ wen 1 uit 5.
Ludik Janse van Rensburg het die o. 18 Bojanaspan verteenwoordig waar hy 2.5 uit 5 gewen het.
Die Rusties het hul kant gebring en GOUD vir die span verseker.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf