Wiskunde olimpiades
Chris Langeveldt, ‘n gr.11-leerder van HS Strand het in die afgelope weke uitstekend in Wiskunde Olimpiades presteer. In die SAMO (Suid Afrikaanse Wiskunde Olimpiade) het hy deurgedring na die derde rondte, aangesien hy onder die top 100 landswyd geëindig het in die tweede rondte. Byna 100 000 leerders het landswyd aan die eerste rondte deelgeneem. Die derde rondte het Donderdag 26 Julie plaasgevind.
Op Vrydag 13 Julie het van ons leerders aan Die Burger/Beeld/Volksblad se Wiskunde kompetisie deelgeneem. Die beste twintig leerders per provinsie het deurgedring na die finaal wat Saterdag 28 Julie in Durbanville plaasgevind het. Chris Langeveldt het deurgedring na die finaal as een van die Wes-Kaap se Top Twintig Leerders.