Eerstens het ek Hoërskool Witteberg in Bethlehem gekies omdat ek ‘n diverse, Christelike skool gesoek het. ‘n skool wat nie skroom om uitnemend en vooruitstrewend te wees nie.
As jy as graad 7 leerling deel wil word van die Witteberg-familie, kan daar gewaarborg word dat jy as meesterstuk by ons skool se hekke eendag sal uitstap. In hedendaagse omstandighede, waar die toekoms onvoorspelbaar is, is jou akademiese prestasies van kardinale belang. Met die beste Fisiese Wetenskap en Wiskunde onderrig fakuliteit in die Vrystaat kan jy nie ‘n fout maak nie, om Witteberg te kies nie.
Leerders word van graad 8 af soos volwaardige volwassenes op die Wittebergkampus hanteer wat jou ten volle sal voorberei vir die lewe na skool.
Vir my persoonlik is my Christelike waardes van uiterste belang en dit is hoekom ek met trots kan sê dat my skool ‘n Christelike skool is, wat dit openlik bely en erken.