Carl Julius van Hoërskool Noord-Kaap is skrywer van formaat
In HNK is Carl lank reeds welbekend vir sy uitsonderlike skryfkuns. Sy eerlike en ongekunstelde skryfkuns gryp die leser se aandag elke keer.
Van Carl se skryfwerk het vanjaar in die Poort-kompetisie, ‘n nasionale kompetisie vir jong skrywers, ‘n projek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, erkenning gekry. Hy het ‘n vierde plek vir digkuns en ‘n sewende plek vir prosa verwerf.
Hy het ook aan die FAK Nasionale Ekspo deelgeneem en weer eens uitstekend gevaar deur drie brons medaljes vir prosa te ontvang. In die kategorie vir digkuns het hy een brons, twee silwer en ‘n goue medalje ontvang.
Carl het ook aan ‘n skryfkompetisie van die Bloemfonteinse Skrywervereniging deelgeneem. Skrywers van oor die hele Suid-Afrika neem aan hierdie gesogte kompetisie deel. Carl het die wengedig in die skole-afdeling geskryf terwyl ‘n tweede gedig eervol vermeld is.
Voorwaar ‘n prestasie!
Carl is ‘n beslis ‘n waardige wenner van die Ambassadeurstrofee! Baie geluk!