)

CAMPS BAY STUDENT WINS SECOND PRIZE IN ‘BEELD KREATIEWE-SKRYFKOMPETISIE 2020’

Camps Bay High School recognised as one of the Top 10 Afrikaans First Additional Language Schools in the country.

One of Francois Kemp’s (a Matric student at Camps Bay High School) Afrikaans essays was entered into Die Beeld Creative Writing Competition by his Afrikaans teacher, Ms Michelle Janse-van Rensburg. The national competition attracted entries from all over the country. 

Francois’ essay entitled, “My Liefde in Fokus”  was awarded joint-second prize in the Afrikaans First Additional Language division of the Competition. Francois shared the R2000 prize money for second place as well as two graphic design courses.

Ms Janse-van Rensburg also entered the essays of two other Matric students – Alaya Ashby and Tyrese Jones – into the competition. Although they did not win any prizes, they contributed to Camps Bay High School being recognised as one of the Top 10 Afrikaans First Additional Language Schools in the country.

Said Ms Michelle Janse-van Rensburg, Francois’ Afrikaans teacher, “Francois is a gifted learner but also works exceptionally hard to achieve the incredible results he does.  We are so very proud of him!”

Below is Francois’ winning essay:

My Liefde In Fokus

My meisie neem alles af. Sedert ek haar daardie onnosele kamera as eenjaarherdenkingsgeskenk gegee het, hang dit alewig om haar nek. Die splinternuwe 500-gig SD kaart, waarvoor ek deur die neus betaal het, is seker nou amper vol. Nêrens kan ek van die kamera ontvlug nie. Wanneer ons by ‘n restaurant gaan eet, moet ek eers wag en smullend toekyk terwyl sy fotos van elke gereg neem.

Die ergste is hoe sy foto’s van my neem. Ek is nie kamera-sku nie, maar haar kwelling is genoeg om enige iemand to ontstel. Die kamera se aaklige flits vang my steeds onverwags. Ek het selfs ontdek dat sy ons geselskap op haar selfoon stilwegs opneem.

Die situasie is nou so erg dat dit by my drome insypel. Ek kry ontstellende nagmerries van mikroskopiese mikrofone in elke hoek en sekuriteitskameras wat vir my gluur. Dan verskyn my meisie, haar helkamera in haar hand. “Glimlag vir die kamera!” sê sy, in ‘n demoniese stem. Die kamera begin groei, totdat dit my kaal lyf verdwerg. Die lens is ‘n enorme donker gat; dit dreig om my in te sluk.

Ek skrik wakker. Die wind waai deur die bome buite my slaapkamer venster, sodat hulle takke raas en hulle blare fluister. Die gordyn beweeg en die koue aandlug gee my hoendervleis. “Dis vreemd,” dink ek. “Ek dog ek het die venster toegemaak.” Ek sidder van die koue en ‘n onverklaarbare vrees – dalk die oorblyfsel van my nagmerrie.

Ek rol op my maag en tel my selfoon van die vloer af op. Een nuwe boodskap: ‘n Foto wat my meisie vir my gestuur het. Ek maak dit oop, en sien ‘n foto van myself waar ek op my bed lê en slaap. Om my gesig is ‘n bloedrooi hartjie geteken. Die byskrif lees: “Jy’s so aantreklik wanneer jy in jou slaap praat.”

 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal