Boodskappe Matrieks 2021. Matiné Grobler se ma het hierdie besondere boodskap aan haar gerig om dit saam met haar die toekoms in te neem. Mariné is in matriek by Hoërskool Oudtshoorn.
“Ek hoop jy beleef oomblikke wat jou asem wegslaan, die soort wat jou menswees verander. Ek hoop jy reis en besoek plekke wat jou lewe verryk. Ek hoop jy besoek museums, konserte en teaters wat jou diep aanraak en goed laat voel. Ek hoop jy beleef elke dag gewone wonderwerke. Ek hoop jy word omring deur vriende wat jou oplig, bou en aanmoedig om jouself te wees. Ek hoop hulle is altyd daar vir jou. My wens is dat jy voluit sal leef. Daar is soveel om te ervaar in die wêreld en ek hoop jy beleef dit als. Ek hoop jy dans.”
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za