)

Boodskappe 2021 Matrieks – Zoe Joy Davids Hoërskool Oudtshoorn

Boodskappe 2021 Matrieks. Zoe Joy Davids se moeder, Gail Davids, het hierdie besondere boodskap aan haar gerig om dit saam met haar die toekoms in te neem. Zoe is in matriek by Hoërskool Oudtshoorn.

“Vandag staan jy aan die einde van jou skoolloopbaan, my kind. Deurgedra deur God se genade. Beskerm en toegevou deur Sy liefde terwyl jy van `n piekanien tot volwasse dame gegroei en ontwikkel het.

Die aanslae en uitdagings was daar, maar met jou positiewe ingesteldheid het jy maar weer `n glimlag gegee en aangegaan. My kind, vandag sluit jy een hoofstuk van jou lewe af. Wanneer jy reflekteer en terug kyk op jou lewenspad wil Ma hê dat jy altyd die positiewe uit elke situasie moet haal en die struikelblokke as “stepping stones” moet gebruik. Onthou, diamante word net geslyp in uiterste hitte. Trek altyd jou wapenrusting aan en bly in alles gefokus. Bly altyd gegrond en geanker. Remember “You were born to stand out, rather than to fit in.”

Dankie dat jy kan opstaan vir dit waarin jy glo en sodoende `n verskil maak in die lewens van ander mense. Respek kweek respek, en jy gee werklik vergestalt aan dit in die manier waarop jy mense met respek behandel. Jou sosiale interaksie met ALLE mense is vir mammie `n toonbeeld van jou karakter. My kind, die wêreld is jou oester en wag om ontdek te word. Gryp elke geleentheid met albei hande aan en sien altyd die glas halfvol eerder as halfleeg.

Maak altyd seker dat jy die regte sleutels vir die regte deure gebruik om oop te sluit. Met elke keuse wat jy maak, sal jy jou eie pad uitkerf. Daar sal opdraende, draaie en kronkelpaaie wees op die reis van jou lewenspad. Hoe jy dit gaan bestuur sal die waterskeiding wees tussen sukses en mislukking. Jy sal die verantwoordelike keuses in alles moet maak want net jy en jy alleen sal die aanspreeklikheid vir alles moet aanvaar. Onthou, ons as gesin sal altyd jou vangnet wees, want jy is `n verlengstuk van ons. Ons glo in jou. Baie lief vir jou. Mag God jou vergesel op die lewensreis.”

Foto verskaf

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oudtshoornhighschool.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal