)

Bloemhofbondprys – Nominasies vir 2023 nou bekend

Bloemhofbondprys. Vier matriekleerders van Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, is vanjaar deur hul klasmaats vir die gesogte Bloemhofbondprys genomineer. Die Bloemhofbondprys is een van die gesogte pryse wat jaarliks op die Prysuitdeling aan ’n matriekleerder oorhandig word. Die kandidate wat daarvoor in aanmerking kom, is nou bekend. Vanjaar se vier nominasies is Amelia Kruger, Sunelle Maass, Thea-Mari Roos en Sumari van Blerk.

Dié toekenning is nie bloot ’n prys vir ’n eenmalige prestasie nie, maar ’n erkenning van ’n entoesiastiese en lojale lewenswyse.

Graad 12-leerders kon hul klasmaats nomineer en uiteindelik is vier kandidate gefinaliseer. Hierdie leerders sal in die derde kwartaal onderhoude met ’n paneel voer voordat daar op die ontvanger besluit word.

Die paneel, wat onder meer uit lede van die Bloemhofbond en voormalige pryswenners bestaan, ken hierdie prys jaarliks aan ’n leerder toe wat entoesiame vir die skool se tradisies toon, ’n aktiewe rol in die skool speel, haar klasmaats aanmoedig om by skoolgeleenthede betrokke te raak en die Bloemhofwaardes van omgee, werksetiek, afgerondheid, respek en integriteit uitleef.

Die prys bestaan uit ’n wisseltrofee, ’n silwer armband en ere-lidmaatskap van die Bloemhofbond.

Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za

https://bloemhofschool.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal