Blits Brein. Justin Cowley is ‘n graad 12 leerder van Paul Roos Gimnasium Stellenbosch. Hy het nie net die eerste plek, Blits Brein, in die Wes-Kaap behaal nie, maar is ook bekroon as die Nasionale wenner in graad 12.
Justin neem elke jaar aan Blitsbrein Junior deel en was nog altyd onder die top vier in die Wes-Kaap. Justin het op 13 Oktober meer as 600 algemene kennis vrae blitsvinnig aanlyn korrek beantwoord om hierdie besonderse prestasie te behaal.
Hy is ook ʼn kranige koerantleser, nuusvolger en stel eenvoudig belang in die wêreld om hom.
Paul Roos Gimnasium is voorwaar trots op hierdie spesiale jong man. Hy volg in die voetspore van Luc van der Veen wat in 2020 nasionaal tweede op Blitsbrein Junior, geëindig het.
Justin Cowley is a Grade 12 learner from Paul Roos Gymnasium Stellenbosch. He not only won first place, Blits Brein, in the Western Cape, but was also crowned the National winner in Grade 12.
Justin also participates in Blitsbrein Junior every year and has always been among the top four in the Western Cape.
He is also a keen newspaper reader, news follower and is simply interested in the world around him.
Paul Roos Gymnasium is truly proud of this special young man. He also follows in the footsteps of Luc van der Veen who finished second nationally at Blitzbrein Junior in 2020.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photo supplied