Biathlè – Bethlehem Voortrekker Hoërskool het twee leerders gehad wat aan die Biathlè SA kampioenskappe deelgeneem het. Dit het plaasgevind op 28 Mei te Someret College in Stellenbosch.
Ébet Bester en Jaden Maritz het aan die Biathlè deelgeneem. Ébet het sewende geëindig vir meisies o/19 met ‘n tyd van 00:18:25.98.
Jaden behaal ‘n tiende plek vir seuns o/17 met ‘n tyd van 00:14:03.02.
Trekkertrots!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto voorsien