Bethlehem Voortrekker by Kunswedstryd. Ten spyte van die Covid-gogga wat oor ons almal se skouers loer, het Voortrekker se kultuurdiere steeds presteer by die Harrismith Eisteddfod. Die leerders was verlig dat die eisteddfod wat van 16 tot 21 Augustus plaasgevind het, ‘oppie planke’ was. BHVS se leerders het behoorlik uitgehaal en gewys.
Hulle spog met 3 B’s, 10 B+’e, 70 A’s, 57 A+’e en 42 A++’e. Die skool is ook baie trots op hul leerders wat hartstoekennings en spesiale toekennings ontvang het. “In hierdie moeilike jaar wys julle vir ons dat julle nie skrik vir harde werk nie. Ons eer julle deursettingsvermoë!”