Bethlehem Voortrekker in Tennis. Bethlehem het die afgelope paar dae uitstekende tennis gesien. Buiten dat Bethlehem Voortrekker Tennis gesamentlike aanbieders was van hierdie prestige tennis toernooi, was ons bevoorreg om ses spanne te kon inskryf. ‘n Weerspieëling van gesonde en sterk tennis vanjaar.
Sterk skole, met uitstekende tennisspelers het vir drie dae topgehalte tennis gespeel. Met Voortrekker se A-dogterspan wat in die finale teen Linden gespeel het en na ‘n harde stryd net-net tweede geëindig het ons, saam met die digters B-span, wat vierde geëindig het, staan Bethlehem glad nie terug teen mega-skole nie.
Bethlehem Voortrekker Tennis wil die wenskole, maar ook elke skool, gelukwens met die puik sportmanskap wat op en langs die bane gesien is!
Bethlem Voortrekker tennis spanne het die volgende spelers ingesluit:
A-span Dogters: Cayla Scheepers, Anke Heyns, Maricha du Plooy, Annika van Rooyen
B1 span Dogters: Ilné le Roux, Mianca van Niekerk, Chloë Opperman, Heili Pretorius, Carise van Rooyen
B2 span Dogters: Elizbé Heyns, Ansuné Langley, Noëline Mathee, Luné Amaro, Laraine Theron
A span Seuns: JC Azar, Hendrik Janse van Rensburg, Themba Sithole, Danny de Klerk
B1 span Seuns: Andries Greyling, Hendrik Mathee, Willie Deale, Wian Muller, Enrico Kennedy
B2 span Seuns: TD Langley, Edré Wille, Jan-Harn van Wyk, Jurie Knobel, Theo van Wyk
Trekkertrots!
Lees meer oor BHVS: