Bethlehem Voortrekker karate. Leerders van Bethlehem Voortrekker Hoërskool wat lede van Bethlehem Karate Klub is, het die afgelope naweek die Vrystaat verteenwoordig by die KSA Elite & Open Nationale Kampioenskappe in Tongaat, KZN.
Slegs karatekas wat vir hulle provinsiale span verkies was kon aan die kampioenskap deelneem. Dit was ‘n strawwe kompetisie maar die karatekas het hulle uiters goed van hulle taak gekwyt.
Liam Craven, Nathan Helm en Katleho Moloi het in die volgende afdelings deel geneem en soos volg presteer:
Liam Craven, Nathan Helm, Katleho Moloi – Elite – Mans Span Kata – 16/17 Jaar – 3de
Nathan Helm – Elite Afdeling – Junior Mans Kata – 16/17 Jaar – 2de
Nathan Helm – Elite Afdeling – Junior Mans Kunite – 16/17 Jaar U68Kg – 3de
Katleho Moloi – Ope Afdeling – Junior Mans Kumite – 16/17 – 3de
Trekkertrots !
Lees meer oor BVHS:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/