Belgotex Hokkie Paastoernooi. Hoërskool Strand se Eerste Seunshokkiespan het aan die Belgotex Hokkie Paastoernooi deelgeneem. Die span het ‘n uitdagende groepfase beleef, maar het deursettingsvermoë getoon.
Hulle uitslae in die fase is as volg:
- Hoërskool Strand verloor 0-3 teen Hoërskool Durbanville
- Speel gelykop1-1 teen Woodridge College
- Verloor 1-2 teen York High School
- Speel gelykop 1-1 teen Hoërskool Hermanus.
In die uitspeelfases het Hoërskool Strand hul ware krag gewys deur die ‘Bowl’ Afdeling te wen.
Die uitslae was as volg:
- Wen 1-0 teen Hoërskool Swartland in die kwarteindrondte
- Wen 3-0 teen Hoërskool Robertson in die halfeindrondte
- Wen 2-0 teen Hoërskool Punt in die finaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf