)

ATKV Tjokkertoneel – Gauteng tjokkers verstom met toneelspel

ATKV Tjokkertoneel. Hierdie jaar het ATKV-Tjokkertoneel enorme nasionale deelnamegroei getoon deur die landwye aanbieding van hul vyftig produksies tydens drie streeksfeeste. Die afgelope week het 348 tjokkers in Gauteng met die nasionale kompetisie afgeskop.

Die doel van ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel stel ons jong leerders bloot aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.

Deur die opbouende proses van toneelspel ontwikkel kinders selfvertroue, kommunikasie- en luistervaardighede, en verbreed hul woordeskat.

Tjokkers in Gauteng het hard gewerk en hul stories simbioties en met groot passie vanaf 17 tot 20 Julie in die UNISA Little Theatre in Pretoria kom vertel.

Solomon Cupido en Lindsey Cele het as mentorbeoordelaars die talent aanskou en was verstom oor die tjokkers se kreatiewe werk en waagmoed om stories geloofwaardig te vertel, terwyl hulle ook suksesvol aan alle teaterelemente aandag gee.

ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang benewens toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie ook pasgemaakte stemnotas van beide mentors om hul talent verder te slyp.

Streeksfeeswenners is Saterdag 20 Julie tydens ’n spogprysuitdeling aangewys.

Hier is die nominasies en wenners:

Beste hantering van tegniese aspekte

Nominasies:

ProduksieSkool
Seerower, seerowerLaerskool Tygerpoort
MarmiteLaerskool Roodekrans
Dit kannie!Laerskool Louw Geldenhuys
Die boskompetisieJacMic Studio
Wenner:

Beste Tjokkerakteur

Nominasies:

Naam en vanProduksieSkool
Lejah Lewandowsky as WolfOtterjasie konsternasieLaerskool Kruinsig
Dirko Botha as Bravo 1 BrandwagDie boskompetisieJacMic Studio
Theodore van Diemen as WimpieWimpie en die seerowersLaerskool Anton van Wouw

Wenner:

Beste Tjokkeraktrise

Nominasies:

Naam en vanProduksieSkool
Nienke Deijs as Ma-vark, Ot-TruidaOtterjasie konsternasieLaerskool Kruinsig
Abiah Steyn as Aby BabyOp ysJacMic Studio
Emma Knop as MarmiteMarmiteLaerskool Roodekrans
Ziané Delport as LienFladderLaerskool Roodekrans

Wenner:

Beste Ensemble

Nominasies:

ProduksieSkool
Die seuns in Dit kannie!Laerskool Louw Geldenhuys
Die dwergies in ChatGPT skryf ’n sprokieLaerskool Menlopark
WeggegooiJacMic Studio
MarmiteLaerskool Roodekrans

Wenner:

Beste Regisseur

Naam en vanProduksieSkool
Ronel MeiringDit kannie!Laerskool Louw Geldenhuys
Mariki de Villiers-Knop en Elmé KleinsmithMarmiteLaerskool Roodekrans
Angela Sparks en Anika VenterFladderLaerskool Roodekrans

Wenner:

Beste Produksie

Nominasies:

ProduksieSkool
Die boskompetisieJacMic Studio
Dit kannie!Laerskool Louw Geldenhuys
FladderLaerskool Roodekrans

Wenner:

Die ATKV bedank al die tjokkers wat vanjaar in Gauteng aan hierdie groeiende projek deelgeneem het. ATKV-Tjokkertoneel is volgende op 2 en 3 Augustus in Bloemfontein by die Wynand Mouton-teater.

Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_toneel

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal