)

ATKV Sêr – Hoërskool tieners gee in 2024 die toon aan

ATKV Sêr. Vingerklap- en voetestamplekker sêr wat sorg vir hoendervleisvermaak gaan in 2024 sy opwindende lêplek in hoërskole kry.

Die ATKV het sy eerste nasionale sêrkompetisie vir studente in 1997 aangebied. Nou het dit tyd geword om die stokkie oor te gee aan ons kreatiewe tieners om met hierdie gemaklike uitvoerende-kunstemedium te eksperimenteer. ATKV-Sêr is ’n a capella-kompetisie wat in sy tienerformaat gaan neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling.

Nuwe komposisies en musieksamestelling gaan ’n vars bries by a capella inblaas en simbiotiese gehoorontwikkeling verseker. ATKV-Sêr vir tieners sal tydens die ATKV-Tienertoneelstreeksfeesfinale landswyd sy buiging in teaters maak. Die nasionale finaliste gaan hul plek volstaan tydens die ATKV-Toneelfinaalfees in September by die Kunstekaap in Kaapstad.

JJ van Niekerk, ATKV-projekorganiseerder, is baie opgewonde om saam met dapper tieners ATKV-Sêr weer op die been te bring met ’n nuwe baadjie. Hy vertel met ’n breë glimlag dat hy sy vrou deur ATKV-Sêr op die Maties-kampus oorreed het om nie in ’n ander rigting te kyk nie. Hierdie tradisie is selfs op sy troudag voortgesit. Die koshuismanne het tydens die bruilofseremonie op hul knieë gesak en sy bruid met “Sy’s ’n mooie meisie” laat bloos. Dit is ’n sêrkomposisie van Majuba-manskoshuis.

Kreatiewe menswees

“Sêr is onlosmaaklik deel van die ATKV en kreatiewe menswees. Dit bou selfvertroue en gee jou selfs die woordeskat as jou woorde opraak.” Hy lag en voeg by: “Die bekendstelling van ATKV-Sêr aan hoërskole gaan ’n unieke dinamika in ATKV-Sêr na vore bring. Dit is juis omdat my ervaring van tieners se kreatiwiteit deur ATKV-Tienertoneel bewys is. Dit juis ons tieners wat vreesloos geïnspireerd is om hul kultuurvaardighede te ontwikkel en met baie gemak grense te verskuif.”

Die ATKV is reeds hard aan die werk om ’n reeks meesterklasse met spesialismentors te verfilm om verdere waagmoed in te bou vir hoërskole wat in 2024 aan hierdie gewilde projek wil deelneem. Hierdie reeks sal gratis op ATKV-Sêr se webblad beskikbaar wees in Februarie 2024.

’n ATKV-Sêruitvoering van ongeveer 15 minute gaan soos volg lyk, ondersteun deur die groep se duidelik identifiseerbare kreatiewe tema-keuse:

  • ’n Keurspel volgens die tema van die sêrgroep
  • ’n Nuwe komposisie (geen bestaande lirieke of musiek nie)
  • ’n Verwerking van die voorgeskrewe ATKV-Sêr-lied vir 2024

Die gewilde en energieke Afrikaanse sangduo, RAAF, is saam met ons ATKV-Sêrtieners opgewonde en het toestemming verleen om hul enkelsnit, “Die Sonskyn en die Reën” as voorgeskrewe lied te gebruik vir 2024 se kompetisie.

Jy kan nou die deelnemersgids hier aflaai.

Inskrywings sluit op 19 April en die inskrywingsvorm is hier beskikbaar.

Kontak gerus vir JJ van Niekerk (ATKV-toneelaanbod-projekorganiseerder) per e-pos by jj@atkv.org.za of via selfoon by 076 391 3414 vir enige navrae.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://atkv.org.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal