ATKV Redenaarskompetisie. Karlo Truter, graad 10, van Hoër Landbouskool Riversdal, het onlangs skitterend gevaar tydens die jaarlikse ATKV Redenaarskompetisie. Tydens die kompetisie, wat vanjaar virtueel plaasgevind het, behaal Karlo ‘n derde plek in die Wes-Kaap. As deel van die Wes-Kaap se span eindig hy onder die Top 20 nasionaal. Hier behaal hy ‘n agtiende plek uit die groep van 990 deelnemers. Daar was ook deelnemers van Namibië ingesluit.
Welgedaan Karlo, dit wil gedoen word! Oakdale is trots op jou.