ATKV-Redenaars semi-finale. Primêre Skool Naudeville se harte klop vol trots! Baie geluk aan Hanno van Jaarsveld, Elle-Anne Roper en Lenique Loggenberg wat hul plek in die semi-finale rondte van die ATKV-Redenaars op 22 Mei verower het.
Hierdie prestasie is ’n bewys van harde werk, toewyding en die krag van woorde. Julle inspireer ons almal om met selfvertroue en passie te praat. 🌟
Naudies is ongelooflik trots op julle – hou so aan, die eindronde wink!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









