Pieter le Roux, van Fairland Laerskool, het op 14 Augustus 2017 geskiedenis gemaak toe hy as nasionale kampioen aangewys is by die ATKV se nasionale byeenkoms. Hy het eerste geëindig in die afdeling vir gr. 6 en gr. 7 landwyd.
Dit beteken natuurlik dat Pieter wat nou eers in gr. 6 is, sy man gestaan het teen al die top gr. 7-redenaars in die land, sowel as sy eie graadgroep. Ons is besonder trots op Pieter vir hierdie uitsonderlike prestasie. Hy het voorwaar Laerskool Fairland se vaandel hoog gedra!
Pieter, ons weet jy gaan nog sommer lank een van die voorste redenaars in jou portuurgroep wees en ons wens jou graag geluk met jou prestasie.