ASA SA’s. Elf atlete van Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein, het deelgeneem aan die Hoërskole SAS SA’s in Germiston. Hierdie atlete behaal twee 2de plekke, een 3de plek, drie 4de plekke, een 5de plek, een 6de plek , twee 7de plekke, een 8ste plek, twee 11de plekke en een 16de plek by die ASA SA’s.
Tydens die ASA SA’s in Potchefstroom, het nege atlete van Jim Fouché deelgeneem.
Hierdie atlete het as volg presteer:
- Johaney du Toit behaal ‘n 1ste plek en verwerf dus ‘n goue medalje vir hamergooi (dogters o/16).
- Liané Gerber behaal ‘n 2de plek en verwerf ‘n silwer medalje vir hamergooi (dogters o/18).
- Sydney Oosthuizen kry ‘n 3de plek en verwerf ‘n brons medalje in die 200m (dogters o/20).
- Sydney Oosthuizen kom ook 7de in die 100m (dogters o/20).
- Danell Oelofse kom 5de in die 3000m (dogters o/16).
- Anzelle Lombard behaal ‘n 5de plek vir hamergooi (dogters o/18)
- Carissa Erasmus kom 8ste in die 3000m hindernis (dogters o/20)
- Amoné Verwey behaal ‘n 12de plek in dogters (o/16) verspring.
- Zané Verwey behaal ‘n 12de plek in dogters (o/20) verspring.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf