ASA Atletiekkampioenskappe. Hoërskool Fichardtpark se atlete het tydens die afgelope naweek se ASA Atletiekkampioenskappe slegs deelgeneem in 0.16 en 0.18 kategorieë. Baie van Fichies se atlete moes dus in ‘n ouer ouderdomsgroep deelneem.
Prestasies behaal:
- Matthew Durow het ‘n goue medalje in hamergooi seuns 0.18 gewen met ‘n afstand van 63,50 m.
- Malan van Rensburg het ‘n 7de plek behaal.
- FT Fick het ‘n 4de plek behaal in die Hamergooi seuns 0/16 met ‘n persoonlike beste van 50,12 m.
- Su-Hesri van Zyl het ‘n goeie 6de plek in dogters 0.16 Hamergooi behaal met ‘n afstand van 42,20 m.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf