Arende Afslaan Tennistoernooi. Die jaarlikse Arende Afslaan Tennistoernooi het Saterdag, 27 Januarie, plaasgevind.
Wedstryde het om 07:30 begin en het net na 17:00 geëindig. Die wedstryde het uit dubbels en gemengde dubbels in twee afdelings bestaan.
Uitslae:
- Afdeling A: Somerset College was die medaljewenners, gevolg deur Hoërskool Strand 1, Hoërskool Bellville en Hoërskool Bredasdorp 1.
- Afdeling B: Hoërskool Montagu was hier die medaljewenners, gevolg deur Hoërskool Strand 2, Hoërskool Brackenfell en Hoërskool Bredasdorp 2.
Alhoewel dit ‘n baie warm dag was het die spelers sowel as die toeskouers die dag geniet.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf