Aliwal-Noord Pensteek kampioenskappe. Sakkie, is Alies se eie Pensteek kampioen! Sakkie Kotze van Hoërskool Aliwal-Noord het die afgelope naweek deelgeneem aan die Oos-Kaap Pensteek Kampioenskappe. Drie-en-twintig ruiters het deelgeneem om moontlik verkies te word vir die SA’s later vanjaar.
Sakkie het uitstekend gevaar en het 177 punte uit ‘n moontlike 195 punte verwerf. Hy is aangewys as die Junior Victor Ludorum en Junior Best Man.
Spoggerig, Sakkie!
Lees meer oor Hoërskool Aliwal-Noord: