)

Vrystaat Semi-finaal Luggeweerskiet kompetisie

Foto bo: Izelle van Vuuren Prysskiet 5 medalje

Hoërskool Aliwal Noord het op 13 en 14 Augustus aan die Semi-finaal Luggeweerskiet kompetisie deelgeneem. Die kompetisie plaasgevind het by Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein.

Alies se 4 skuts het almal, soos gewoonlik, baie goed gevaar. Die uitslae was as volg:

In die 0/21 groep behaal William Muir 13de plek met 760 punte.

Joane Malan neem deel in die 0/16 groep en behaal ‘n 24ste plek met 737 punte.

In die 0/14 afdeling doen die 2 luggeweer skuts ook baie goed. Gary Marx behaal ‘n 10de plek met 735 punte.

Izelle van Vuuren wen weer ‘n uitstekende 1ste plek met 853 punte. Dit is 37 punte meer as die 2de plek.

Baie geluk Izelle, Alies ons is baie trots op jou.

Alies neem deel aan Vrystaat Semi-finaal Luggeweerskiet
Izelle van Vuuren en William Muir

Baie geluk aan William Muir, Izelle van Vuuren en Gary Marx wat tydens die Vrystaat Luggeweerskiet deur is na die finale rondte vir luggeweer op Saterdag 21 Augustus. Ons hou duime vas dat julle deel gaan wees van die Vrystaat se span wat ook Saterdag aangekondig sal word.

Die SA’s vind plaas op 24 en 25 September 2021.

Baie geluk aan al die luggeweer skuts wat regtig baie goed gevaar het hierdie jaar.

Skoleskiet is een van die sportsoorte waar skuts baie goed presteer. Dit is eintlik ‘n individuele sport en skuts kompeteer baie hard met hulself en hul spanmaats om hul beste telling telkens te verbeter.

Wat behels skiet? Daar word geskiet met MPR en T200 gewere wat met gas en loodpellets werk. Daar word in kniel, staan en lê-posisies geskiet oor ‘n afstand van 10m, na ‘n kaart met 20 teikens, wat soos ‘n klein kolletjie lyk op hierdie afstand.

Dit is ‘n sport wat ongelooflike selfdissipline, kalmte, inoefening en selfvertroue vereis. Die leerders wat by skiet betrokke raak, raak verslaaf aan die sport. Daar word vir langure geoefen op die baan.

Meer oor Hoërskool Aliwal-Noord:

https://schoolsthatrock.co.za/category/eastern-cape/eastern-cape-schools/east-london/

http://www.aliwalhighschool.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal