)

Akademiese prysuitdeling – Hoërskool Fichardtpark Graad 12

Akademiese prysuitdeling. Hoërskool Fichardtpark spog vanjaar weer met hul graad 12’s se akademiese prestasies tydens die graad 12-akademiese prysuitdeling.

Die skool het die geleentheid gehad om met dié besonderse matrieks van 2021 te spog. Dankie aan elke ouer wat hulle kind so mooi ondersteun, u bydrae is van onskatbare waarde. Ons is opreg trots op elkeen van julle wat so mooi presteer het.

Alida Grobbelaar, Elané Bekke en Marnie Dreyer is as die toppresteerders aangewys.

Marnie Dreyer:

Marnie behaal 375 punte vir koordeelname en ontvang erekleure vir koor. Erekleure in dienslewering. Sy is reeds 4 jaar lid van die fotografiespan. Erekleure Atletiek – Marnie haal vyfde plek op SA’s vir sewekamp. Erekleure dienslewering – sy is reeds vyf jaar lid van die noodhulpspan. Behaal vierde plek in die Vrystaat tydens die Afrikaanse Olimpiade en Half-erekleure Akademie. Behaal tweede plek tydens die Vrystaat Brugbou kompetisie en ontvang Erekleure in Akademie. Sy ontvang vakprestasies in Afrikaans, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Geskiedenis, Lewenswetenskappe en Rekeningkunde. Marnie behaal 85.75%. Hy ontvang die Penning Akademie en is derde in Graad 12.

Akademiese Prysuitdeling: Marnie Dreyer
Elané Bekker: 

Elané ontvang Erekleure vir redaksie. Sy is die mees toegewyde joernalis asook redakteur van die skoolkoerant. Sy ontvang Vakprestasies in Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe en Rekeningkunde. Elané deel die wisseltrofee vir die beste prestasie in Rekeningkunde. Sy ontvang ook die wisseltrofee vir die beste prestasie in Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering en Fisiese Wetenskappe. Sy behaal 90.86% en ontvang die Penning Akademie. Elané behaal die tweede plek in Graad 12. Die Fichardtparker van die Jaar-toekenning is ook aan Elané toegeken!

Akademiese Prysuitdeling: Elané Bekker
Alida Grobbelaar:

Alida behaal agtste plek in die Vrystaat tydens die Rekeningkunde Olimpiade – Halferekleure Akademie. Vakprestasies in Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensorientering, Besigheidstudies, Lewenswetenskappe, Rekenaartoepassingstegnologie en Rekeningkunde. Sy deel die wisseltrofee vir die beste prestasie in Rekeningkunde. Alida ontvang ook die wisseltrofee vir die beste prestasie in Besigheidstudies, Rekenaartoepassingstegnologie, Lewenswetenskappe en Wiskunde. Sy behaal 91.04% – Penning Akademie. Alida is ook gekroon as Hoërskool Fichardtpark se Dux-leerder in Graad 12 en ontvang die wisseltrofee.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal