Rooiskool, Kroonstad, verwelkom mnr Lütke van Drossen as nuwe onderwyser.
Hy verwerf sy B.Ed Senior en VOO graad aan die NWU. Hy het ‘n passie vir sport en kinders en glo kinders moet ‘n gebalanseerde lewe leef. Hy is ‘n onderwyser in murg en been en geniet dit om met kinders in enige omgewing te werk, dus in die klaskamer en op die sportveld.
Hy is ‘n kranige rugby afrigter en geniet Boogskiet. Hy gaan Wiskunde, Landbouwetenskappe en Landboubestuurspraktyk en Fisiese Wetenskappe aanbied.
“Ons sien uit om hom deel van Rooies te maak!”