El-rico Klemp van Rooiskool in Kroonstad het op 26 Maart deelgeneem aan sy eerste MAASA Vrystaat kwalifiserende rondte, waar hy ‘n goue medalje gewen het as beste Perdry Boogskutter.
Tydens die 2de rondte wat op 17 April plaasgevind het, het hy weer ‘n goue medalje as Beste Perdry Boogskutter gewen. El-rico is gekies as een van die top 9 ruiters in Suid-Afrika wat gaan deelneem aan die INTERNATIONAL HORSEBACK ARCHERY ALLIANCE ( IHAA ) se WORLD GRAND PRIX (virtual) in Pretoria.
Dit word aangebied in 3 afdelings waar hulle opgemeet gaan word teen ander lande.HENGELEl-rico het ook as hengelaar vir die Vrystaat- en SA o/19-spanne gekwalifiseer om vir SASOF tydens Suid-Afrikanse Wêreldspele te hengel.
Ongelukkig is die spele a.g.v. Covid-19 afgestel.
Foto’s verskaf