Twee leerlinge van Afrikaanse Hoëskool Kroonstad het die Presidentsverkenner eksamen wat jy by die Voortrekkers kan ontvang verwerf.
Baie geluk aan Michelle en SJ wat die Voortrekker Presidentsverkenner eksamen geslaag het. Dit is die hoogste toekenning wat jy kan kry.
Om die toekenning te ontvang sluit ’n deurlopende proses in wat die hele Verkennerloopbaan insluit en afsluit met die Presidentsverkenner Afrondingskamp.
Met hierdie proses is die Presidentsverkennertoekenning vir elke Verkenner in graad 12 beskore, mits aan die minimum vereistes voldoen word. Die Verkenner self is in beheer van die suksesvolle afhandeling van die proses. Die toekenning word op nasionale vlak deur die Hoofdagbestuur toegeken.

Ons is TROTS op julle.