Opedag – Hoërskool Ermelo het ‘n baie suksesvolle opedag gehou. Op Vrydag 20 Mei het Erries die amptelike Opedag gehou. Erries se gemeenskap het twee jaar ná COVID terdeë na die Opedag uitgesien.
Besoekers se opgewondenheid was nie te versmaai nie. Die dag het besonder baie opwinding ingehou. EHS se doel met die Opedag was om die hart van Errie-wees aan buitestanders bekend te stel. Die gevoel wat daaraan gekoppel word, is iets wat belééf moet word!
Tussen die inligtingsessie, stalletjies, koek en tee en pret, was daar meer as genoeg om te doen en oor te gesels. Ouers en graad 7’s kon die onderwysers en leerders van EHS ontmoet en het na hartelus hul tuismaak op die Erries se terrein.
Dankie aan al die personeel, ouers en leerders wat ‘n onlosmaaklike deel was van die sukses.
Dankie veral aan elke graad 7-leerder en ouer wat as voornemende Erries die Opedag saam met Hoërskool Ermelo geniet het.
EHS sien met groot verwagting uit om nog ‘n uitstekende groep graad 8’s as Erries te verwelkom in 2023.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien