)

Opedag – Hoërskool Ermelo spog met suksesvolle Opedag

Opedag – Hoërskool Ermelo het ‘n baie suksesvolle opedag gehou. Op Vrydag 20 Mei het Erries die amptelike Opedag gehou. Erries se gemeenskap het twee jaar ná COVID terdeë na die Opedag uitgesien.

Besoekers se opgewondenheid was nie te versmaai nie. Die dag het besonder baie opwinding ingehou. EHS se doel met die Opedag was om die hart van Errie-wees aan buitestanders bekend te stel. Die gevoel wat daaraan gekoppel word, is iets wat belééf moet word!

Tussen die inligtingsessie, stalletjies, koek en tee en pret, was daar meer as genoeg om te doen en oor te gesels. Ouers en graad 7’s kon die onderwysers en leerders van EHS ontmoet en het na hartelus hul tuismaak op die Erries se terrein.

Dankie aan al die personeel, ouers en leerders wat ‘n onlosmaaklike deel was van die sukses.

Dankie veral aan elke graad 7-leerder en ouer wat as voornemende Erries die Opedag saam met Hoërskool Ermelo geniet het.

EHS sien met groot verwagting uit om nog ‘n uitstekende groep graad 8’s as Erries te verwelkom in 2023.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal