Meisies-krieket. Hoërskool Goudveld het 16 Oktober teen Welkom-Gimnasium in ‘n meisies-krieket wedstryd gespeel. Gouties het besluit om eerste te kolf en teken 145 lopies aan met die verlies van 5 paaltjies.
Beste kolwers:
- Sami van Heerden met 34 lopies van 41 balle
- René Steenberg met 26 lopies van 42 balle
- Weré Joubert met 17 lopies van 11 balle
Gouties se beste boulers:
- Sami van Heerden met 2 paaltjies in 3 beurte
- Tile Rantsie met 2 paaltjies in 4 beurte
- Britney van Heerden met 2 paaltjies in 3 beurte
Goudveld wen Welkom-Gimnasium met 79 lopies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










