Oumagrootjie se Trofee. Ellé Cloete, graad 8 leerder van Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein, is vanjaar se ontvanger van ‘n wisseltrofee wat die naam van ’n OMS-onnie dra. Me CJJ Krantz, het tydens skooltyd gesterf. Die wenner van die CJJ Krantz-wisseltrofee vir die beste junior redenaar vanjaar is niemand anders nie as Ellé Cloete. Ellé is een van haar agterkleindogters – en daar wen sy toe Oumagrootjie se Trofee!
Ellé het tydens die prysuitdeling die CJJ Krantz-wisseltrofee vir die beste junior redenaar gewen. Sy het onder meer ’n 3de plek nasionaal in Oppie Tong Af-kompetisie behaal.
Mev. Krantz (Fifi) was 10 jaar lank ‘n geliefde onderwyser by Oranje voordat sy in 1980, tydens ‘n les in Wiskunde, weens ‘n hartaanval in die klaskamer gesterf het.
Sy was ook by redenaars betrokke. Die trofee word sedert 1973 oorhandig.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








