Con Spirito Sanggroep. Sekondêre Meisieskool Oranje se sanggroep, Con Spirito, het ’n spesiale week agter die rug.
- Die groep het uitstekend gevaar by die nasionale Animato A Capella-kompetisie met 3 eerste plekke en 1 tweede plek.
- Hulle het verlede week die trofee ontvang vir die beste esemble (insluitende alle instrumente) op die Vrystaat Kunswedstryd.
- Maandag het hulle die volkslied by die eindstryd van die Varsity-netbalreeks in die Callie Human-sentrum gesing.


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










