Pearson Kriekettoernooi. Hoër Landbouskool Marlow het die afgelope naweek deelgeneem aan die Pearson Kriekettoernooi.
20/20 Wedstryd teen Hoër Tegniese Skool Daniël Pienaar, Uitenhage: Marlow wen die loot en kies om eerste te kolf. Die Ramme teken 48 lopies aan (almal uit). Daniël Pienaar teken 52/2 aan en wen die wedstryd met 8 paaltjies.
20/20 Wedstryd teen Pearson High School: Marlow verloor die loot en word ingestuur om eerste te boul. Pearson teken129/9 aan. Marlow antwoord met 63/6 en verloor die wedstryd met 66 lopies.
Tyd-krieket teen Muir College: Marlow wen die loot en kies om eerste te kolf. Die Ramme teken 75 lopies aan (almal uit). Muir kolf en teken 287/7 (verklaar) aan. Marlow teken 73/5 aan in die tweede beurt. Muir wen met ‘n beurt en 139 lopies.
50-Beurt wedstryd teen Hoërskool Die Brandwag: Marlow wen die loot en besluit om eerste te kolf. Marlow teken 134 lopies aan (almal uit). Pierre Marais (Sahara) vaar die beste met die kolf en behaal 47 lopies. Die Brandwag teken 135/9 aan. Herman le Roux (Rhino) blink uit met die boulwerk en laat 5 paaltjies kantel. Brandwag wen met 1 paaltjie.
Hierdie jong, geesdriftige span toon groot belofte vir die toekoms.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








